Onderwys in Suid Afrika

As daar objektief na  onderwys in Suid Afrika gekyk word dan staan ‘n mens verstom oor  die skokkende toestand van die onderwys in die nuwe Suid Afrika. In die “vorige bedeling”, bedoelende voor 1994, was die vier provinsies se onderwys  op ‘n gesonde basis met ‘n gestruktureerde stelsel vanaf die onderwyser in die klas tot en met die onderwys departement en sy inspektoraat.  Skole was funksioneel, skool kalenders was afgebaken en sillabusse en kurrikulums is in elke klas gevolg.  Onderwysers was toegewyd en toesig vanaf departementshoofde tot en met die skoolhoof het gereeld plaasgevind.  Voorraad soos voorgeskrewe boeke en handboeke was beskikbaar vir elke leerling voor skole heropen het.  Selfs in die ou Bantoe onderwys en latere Departement van Swart Onderwys het onderrig plaasgevind en was daar dissipline.

Wat het verander?  Sedert daar nege provinsies in die lewe geroep is het die onderwysstelsels in meeste provinsies agteruit gegaan.  Nege strukture is geskep met die gepaardgaande vernegedubbeling van administratiewe personeel.  Nuwe kantore is vir elke provinsie ingerig om die amptenare te huisves. Alle senior amptenare moes amptelike motors ontvang met gepaardgaande toelaes.  Vergaderings het met 60% + toegeneem met die kostes daaraan verbonde asook die tyd verspeling/vermorsing van personeel se kosbare onderrig tyd.  Verslae het meer tyd ingeneem as voorbereiding van onderrig materiaal.  Voorsiening van handboeke en onderhoud van geboue het verval in ‘n burokratiese proses van tender bedrog en omkopery.

Die toesighoudende been van elke departement is verdubbel met direkteur op direkteur en adjunkdirekteur op adjunkdirekteur.   Inspeksie van skole is weens bedrog afgewater aangesien verslae van vorige jare eenvoudig gedupliseer en aangepas is sonder enige besoeke aan skole.   Op skool vlak het skole ontaard in ‘n plek waar daar al hoe minder aandag aan onderrig gegee is en diefstal van vraestelle was ‘n vry algemene verskynsel.  Standaarde is verlaag tot ‘n vlak waar 30% gesien word as ‘n slaagsyfer.

Onderwysers is op ‘n gereelde basis betrap dat hul nie aanwesig is by hul skole nie en indien hul wel daar was het geen onderrig plaasgevind nie.  Seksuele omgang van onderwysers met leerlinge was nie meer ‘n geïsoleerde geval nie.  So kan daar voort gegaan word om toestande te skets van wat in skole aangaan.

Gelukkig is die toestand grootliks beperk tot skole in die “townships” en by swart plattelandse skole.

DIT het egter  daartoe gelei dat vorige model C-skole oorstroom is met swart leerlinge wat  onderrig wil ontvang.  “White flight” het plaasgevind in baie skole weens die feit dat toestande so verswak het met die verswelging van anderskleuriges dat ouers hul kinders  na ander skole geneem het of verkies het om privaat skole te ondersteun.  Skole in Pretoria het so verswart dat  skole soos CJ Langenhoven, Eenheid Laerskool, Hillview High om net drie te noem GEEN blanke leerling meer in die skool het nie.

Geweld in skole is besig om toe te neem. Leerlinge met gevaarlike wapens soos messe en selfs vuurwapens word by skole gevind.

Die ouderdoms beperkings op leerlinge bestaan nie meer nie en 18 jarige leerlinge in st. 7 of te wel graad 9 is nie vreemd nie.  Twintigjarige leerlinge en ouer in die laaste skooljare is ‘n algemene verskynsel.

Leerplanne is intussen deur die departement aangepas om die nuwe SA se geskiedenis en milieu te reflekteer. Ouers wat nie insae het in leerplanne sal geskok wees om te sien wat hul kinders geleer word.  Les bes is Godsdiensonderrig gestaak en is skool openings en klas openings so afgewater om nie aanstoot te gee in die multikulturele samestelling van die skool nie.

So kan daar uitgebrei word oor wat in ons skole aangaan en onder watter toestande ons kinders vandag verkeer.  Die vraag is of ouers werklik besef en/of omgee vir die welsyn van hul kinders?   Vele ouers huldig die standpunt dat ter wille van sport, sosialisering en kostes hul nie kans sien om hul kinders uit die veelrassige skole te neem nie.  Ons is tans besig om die laaste vesting van ons Afrikanerskap prys te gee ter wille van vele flou verskonings.  Ons is bereid of ons laat toe dat ons kinders vermenging as normaal beskou.

Ma, Pa.   Jy wat ‘n doopgelofte afgelê het om toe te sien dat jou kind onderrig sal word –  wat  beteken dat jou kind onderrig sal word  volgens die Skrif en sy voorskrifte –  is jy besig om jou plig te versuim?  Sal ons tot verantwoording geroep word oor hierdie versuim?   Is ons bereid om ter wille van ons kinders se voortbestaan ‘n besluit te neem en te sê : Genoeg is genoeg?

Wat is ons alternatief sal u vra?   Daar bestaan Christelike skole in ons land, daar is privaat skole wat nog ‘n eie etos en waardes handhaaf soos wat die Woord vra.  Daar is CVO- skole wat op ‘n Gereformeerde grondslag kinders onderrig.  Daar is iets soos tuis onderrig vir diegene wat in staat is om hul kinders self op te voed en te onderrig.

Gaan maak u somme – privaat- en CVO skole is nie soveel duurder as die staatskole nie.  Vra u self die vraag:  “Is dit ons erns” ?

Kom ons spandeer minder op luukshede en belê in ons kinders se toekoms.  Dit is ons roeping, nie ‘n plig nie.

As naskrif moet daar gesê word dat daar nog toegewyde onderwyspersoneel is wat ons kinders onderrig en opvoed in staatskole,  maar departementele verpligtinge en voorskrifte,  asook die multikulturele omvang van kinders in klasse maak hul  taak al hoe moeiliker.

Jan de Beer