Moskee aanval kry voorkeur

Die Moskee aanval  in Verulam waarin ‘n Imam gedood is word nou ‘n prioriteitsmisdaad en die Valke is opdrag gegee om die saak te ondersoek.

Volgens die ANC is dit ‘n ekstremistiese aanval en die land se grondwet bepaal dat sulke dade nie geduld sal word nie.  Dit ondermyn ook glo die fundamentele reg van aanbidding.

Waarnemers wys weer eens daarop dat daar geen woord gerep word oor die fundamentele reg van boere wat hul grondwetlike reg van lewe verloor deur aanvalle van misdadigers en terroriste nie.