Merkel sê “hande af” van ons Motors

Die Duitse Bondskanselier Angela Merkel het parlementslede toegespreek en gesê die Duitse motorvervaardigers se benadering om dieselvoertuie te vervaardig, was verkeerd.

Sy het gesê die vervaardigers het nou die verantwoordelikheid om die koperspubliek se vertroue te herwin en moet dit doen met die oog op ’n toekomstige groeifase.

Sy het ’n uitgebreide toespraak gelewer in die Bundestag tydens die twee dae van debatvoering oor Duitsland se begroting, en het sterk klem gelê op die vervaardiging van Duitsland se dieselmotors.

Sy het gesê die vervaardigers moet nou konsentreer op voertuie wat veel skoner is as diesel voertuie, wat haar standpunt in lyn bring met haar koalisievennoot, die sosialistiese Demokrate, se beleid.

Sy het ook gesê die Duitse motorbedryf moet in die land se besit bly en hulle moet konsentreer op alternatiewe energiebronne.

Intussen het verskeie groter stede in Duitsland begin om ’n verbod in te stel op die verkoop van dieselvoertuie, en wil dit uitbrei dat dieselvoertuie nie toegelaat word nie.

Foto – Kanselier Angela Merkel