Malema stook weer op

EFF leier Julius Malema het weereens ‘n oproep gedoen dat sogenaamde arm swart Suid-Afrikaners  ongebruikte grond moet  beset.

Hy het dit in die parlement gedoen terwyl hy die regering van Cyril Ramaphosa beskuldig het van stadige vordering met grond onteiening.

“Die land behoort aan ons” was Malema se oproep in die parlement, wat hy weer eens ontwrig het. Hy en sy partylede moes weer ‘n keer op las van die Speaker die saal verlaat.