Leiers kom byeen oor Iran kernverdrag

President Donald Trump van Amerika het die ganse wêreld op loop gesit nadat hy aangekondig het dat die VSA onttrek uit die Iran Kernwapen Ooreenkoms.

Die jongste optrede as gevolg van die VSA se onttrekking is dat Duitsland, Frankryk en Brittanje bymekaarkom om die Iran krisis te bespreek en planne te beraam hoe die ooreenkoms staande gehou kan word.

Die drie lande het ook die minister van buitelandse sake in Iran genooi om die vergadering wat deur die drie lande se ministers van buitelandse sake gehou word in Brussel, België, by te woon.

Intussen het die Franse president reeds samesprekings gevoer met Iran om die versekering te gee dat die Midde-Oosterse land kan staatmaak op sy ondersteuning.

Minister Heinko Maas van Duitsland, en Frankryk se minister Jean-Yves Le Drian, en Boris Johnson van Brittanje vergader saam met die Iranse minister, Javad Zarif.

Bondskanselier Angela Merkel van Duitsland sowel as die Russiese president, Vladimir Poetin, het intussen telefonies hulle steun aan Iran oorgedra.