Koue weer die voorland

Die binneland van Suid Afrika kan die volgende paar dae koue weer te wagte wees met ‘n koue front wat die land getref het.

Nooddienste in die Sentraal Transvaal streek is op gereedheidsgrondslag vir moontlike vloede in areas in die gebied.

Reën word oor groot gebiede van die Oos-Kaap, Vrystaat, en Transvaal verwag en dit kan die begin van die winter inlui met sneeuval in die Drakensberge en Lesotho.