Katalonië kry nuwe minister-president

Quim Torra, ’n bekende separatis in Katalonië is Dinsdag verkies as die deelstaat se nuwe minister-president nadat Carles Puigdemont erken het dat hy nie meer funksioneel die amp kan beklee vanuit die buiteland nie.

Torra het tydens sy inhuldigingstoespraak onderneem om die beleid van sy voorganger, Carles Puigdemont, voort te sit in belang van die meerderheid van die Kataloniërs.

Die separatiste het gehoor gegee aan die versoek van Puigdemont om Torra te kies as sy opvolger in die deelstaat, en ’n staande applous was die bewys dat hy met oorgawe gevolg sal word in die stryd wat voorlê.

Torra is ’n bekende prokureur in Barcelona, en ’n jarelange vriend en ondersteuner van die vorige minister-president, Carles Puigdemont

Foto – Quim Torra