Iran stel super vereistes aan Europa

Die hoofleier van Iran, ene Ayatollah Ali Khamenei, het super gewigtige vereistes aan die Europese lande gestel as hulle wil toesien dat die kernkrag-ooreenkoms in stand gehou moet word.

Die drie lande, Frankryk, Duitsland en Brittanje, het aangekondig dat hulle die kernkrag-ooreenkoms wat Barack Obama in 2015 met Iran gesluit het, staande sal hou noudat Amerika besluit het om te onttrek uit die ooreenkoms.

Een van die belangrikste vereistes wat dur Iran gestel word, is dat geen nuwe gesprek aangeknoop moet word oor Iran se ballistiese missiel ontwikkeling nie.

Kenners sê dit is juis die aangeleentheid waarna president Trump van die VSA verwys het toe hy gesê het die ooreenkoms stel Iran steeds in ’n posisie om ballistiese missiele te vervaardig.

Die vermoede bestaan dat Iran nou die onmoontlike van Europa sal eis as hulle die bestaande ooreenkoms in stand wil hou.

Iran het ook laat deurskemer dat hy vereis dat Europese bankiers sy handelstransaksies sal beveilig.

Foto – Ayatollah Ali Khamenei