Ebola: VN waarsku Afrika lande

’n Nuwe vlaag sterftes word verwag nadat bekendgemaak is dat die Ebola virus weer sy verskyning gemaak het en verskeie mense in die Kongo (DRK) reeds omgekom het.

Die jongste voorval is ’n jong verpleegster wat probeer het om die besmette pasiënt te behandel sonder om die nodige veiligheid oorpak aan te trek.

Woordvoerders van die Verenigde Nasies se Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) het die besmette gebiede beskryf as “een van die moeilikste gebiede op aarde”.

Die VN se WGO het die hoop uitgespreek dat die jongste voorvalle nie ’n herhaling is van die 2014 situasie in Wes Afrika nie.

Die WGO het die afgelope naweek gesê minstens 10 Afrika lande, ingesluit die DRK, en sy buurlande moet hoë waarskuwingseine uitstuur na aanleiding van die jongste Ebola uitbraak.

Tot hede het sowat 20 mense reeds omgekom, en die vrees bestaan dat die toestand weer kan handuit ruk wens swak voorsorgmaatreëls en ’n herhaling van 2014 kan veroorsaak toe honderde gesterf het in verskeie Afrika lande.

Die WGO sê hulle hoop die virusbesmetting versprei nie tot in die hoofstad van die DRK nie, want die eerste gevalle is in ’n nabygeleë dorpie opgeteken.

Meer as 29 000 mense was in 2014 besmet met die virus, waarvan enkeles die dood vrygespring het.