Ebola versprei verder

Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het begin met ’n inentingsveldtog nadat entstof ontvang is, maar dit is hopeloos te min om die virus epidemie hok te slaan.

In die afgelope naweek is gerapporteer dat minstens 25 mense omgekom het nadat hulle besmetting opgedoen het.

Die gesondheidsowerheid sal glo die entstof toedien wat hoogstens as ’n proeftekening beskou kan word aangesien daar nog geen sekerheid bestaan oor die doeltreffendheid van die entstof nie.

Die entstof sal hoofsaaklik in die stad Mbandaka met sy 1,2 miljoen inwoners gebruik word om te probeer voorkom dat die Ebola virus in die stad versprei wat kan lei tot ’n uiterste ramp.

Die meeste van die oorledenes is inwoners van die stad, en die gesondheidsowerheid vrees ’n verspreiding van die virus wat katastrofiese gevolge inhou, veral omdat die stad nie vêr van die hoofstad, Kinshasa, geleë is nie.