Duitsland verkies Kurz as regeerder

As Duitsland die keuse gehad het om een van Europa se leiers te kies om hulle land te regeer, sou dit nie Angela Merkel gewees het nie.

In ’n opspraakwekkende meningspeiling wat uitgevoer is in Duitsland, het 6% meer mense ten gunste van kanselier Sebastian Kurz van Oostenryk gestem as leier en kanselier vir Duitsland.

In die opname is verskeie Europese leiers as alternatiewe vir kanselier Angela Merkel voorgehou om Duitsland te regeer as dit moontlik kon wees.

Kanselier Merkel het 32% van die stemme getrek teenoor die Oostenrykse Kanselier Sebastian Kurz se 38%, en die ander 30% is verdeel onder ’n aantal ander Europese leiers.

Politieke ontleders meen dit is die vernederendste uitslag wat Angela Merkel te beurt geval het, terwyl dit ’n veer in die hoed van die Oostenryker is.

Die merkwaardige is dat kanselier Kurz, wat as 32 jarige die verkiesing in sy land gewen het, ’n sterk konserwatiewe benadering het as regeerder, en ook verkies het om ’n koalisie te vorm met die nasionalistiese party van die land.

Foto – Kanselier Sebastian Kurz