Duitse vervolgingsgesag wil Puigdemont uitlewer

In die Holstein deelstaat van Duitsland is die vervolgingsgesag hard aan die werk om die voormalige president van Katalonië, Carles Puigdemont, aan Spanje uit te lewer.

Die prosedeerder stuit egter teen die vroeëre beslissing van die hoogste hof wat bepaal dat Puigdemont nie nou gearresteer mag word nie.

Intussen is die openbare vervolger besig om die administratiewe gedeelte van die werk gereed te maak om Carles Puigdemont aan Spanje uit te lewer waar hy tot 30 jaar tronkstraf kan kry vir sy aandeel as leier van ’n beweerde rebellie.

Die Duitse hof het beslis dat hy nie gearresteer mag word, of in hegtenis geneem mag word nie aangesien hy nie ’n geweld risiko is nie.

Puigdemont het na afloop van ’n referendum in die Spaanse deelstaat Katalonië, waarin die meerderheid ten gunste van onafhanklikheid gestem het, ’n onafhanklikheidsverklaring uitgereik.

Die Spaanse regering se polisiediens het toegeslaan op die leiers van die separatiste, maar Carles Puigdemont het uitgewyk na België waar hy beskerm word deur die goedgesinde parlementslede.

Hy is egter later, terwyl hy deur Duitsland op reis was terug na België, voorgekeer en in hegtenis geneem, maar is later vrygelaat maar mag nie die land verlaat nie.

Foto – Carles Puigdemont