Duitse toeriste beroof in Balito

Drie Duitse toeriste het met die harde werklikheid van die nuwe Suid Afrika te doen gehad toe hul deur vier gewapende mans met AK-47 gewere van die pad gedwing is naby die Durban lughawe en beroof is.

Die portefeulje voorsitter van die parlement se toerisme komitee het sy “teleurstelling” uitgespreek oor die gebeure en gemeld dat die toerismebedryf onder sulke optrede gaan kwyn.

Buitelandse toeriste word reëlmatig beroof en besteel tydens besoeke aan Suid-Afrika en dit kry wye publisiteit in die media in die lande waar hulle vandaan kom. Steeds meer moontlike toeriste uit daardie lande, besluit om eerder elders te gaan vakansie hou as in Suid-Afrika.