Die twee skud blad in Junie

Die Amerikaanse president Donald Trump sal op 12 Junie die Noord-Koreaanse leier, Kim Jong-Un, se hand skud in Singapoer.

President Trump het die inligting op die sosiale netwerk bekendgemaak en gesê dit sal ’n besondere moment wees vir beide staatshoofde.

Noudat die datum en plek bekend gemaak is waar die ontmoeting sal plaasvind, stroom joernaliste en verslaggewers reeds na Singapoer.

Verlede Donderdag het drie Amerikaners wat in aanhouding was in Noord-Korea, teruggekeer na hulle tuisland nadat Kim Jong-Un hulle vrygelaat het.

Met dié gebaar van die kommunistiese leier het hy probeer om ’n goeie gesindheid te toon, en president Trump het met die aankoms van die drie mense hulle persoonlik terug verwelkom in die land en Kim Jong-Un bedank vir sy optrede.

Noord-Korea het ook besef dat die vrylating van die drie Amerikaanse burgers ’n voorwaarde is wat president Trump gestel het vir ’n moontlike ontmoeting.

Foto – Kim Jong-Un