Busstaking beëindig

Die busstaking is amptelik beëindig met ‘n ooreengekome loonsverhoging van 9% vir die eerste jaar en 8% die tweede jaar.

Die aanbod is terug dateer tot 17 April 2018, die dag waarop die staking begin het.  Die aanvanklike eis van 12% is dus geweier.

Die staking het die ekonomie egter miljoene rande gekos, terwyl dit selfs ‘n paar jaar gaan neem voordat die busbestuurders die skade van die staking ingehaal het. Alhoewel dit ‘n wettige staking was, het hulle geen salaris vir die tydperk van staking gekry nie.

Daar word bereken dat enige staking lonend is indien dit nie langer nie as vier dae duur. Hierdie staking het egter enkele weke geduur.