Britte se vorstehuis word nieblank

Britse kritici wonder of die Amerikaanse nieblanke Meghan, wat Saterdag in die huwelik tree met prins Harry, sal aard in die goue kooi van die Britse vorstehuis.

Dan is daar die erge kritici wat sê hulle wonder hoe lank die huwelik sal hou, en ander reken dit is beslis nie ’n sprokieshuwelik nie, want die kleurling vrou was al getroud en daar is glo van haar familie wat Harry gewaarsku het om “weg te bly van die moeilikheid”.

Indien alles normaal verloop, is die moontlikheid nie uitgesluit dat die Britse vorstehuis uiteindelik sal bestaan uit ’n kleurling familie wat dan ook die simboliese oppergesag van Brittanje is.

Intussen word verneem dat baie van die genooide gaste besluit het om nie die huwelikseremonie in die Britse dorp, Windsor, by te woon nie.

Die media berigte is alles behalwe vleiend en die Suid-Afrikaanse “Glam-Guru Hannon” het gesê haar hare gaan kroes in die klam weer van Engeland.

’n Ander tydskrif het selfs ses redes aangevoer waarom sy mense in verdeeldheid gebring het, waarvan die belangrikste is dat sy verdeeldheid in haar eie familie veroorsaak het, ook omdat sy ’n Roomse agtergrond het, ’n egskeiding gehad het, en sy is ’n nieblanke wat as Amerikaner ’n film aktrise was.

Waarnemers beweer dat sy gevra het om ’n “stil troue” te hou om sodoende uit die openbare oog te bly, maar die vorstehuis het geweier.

Foto – Die toekomstige bruid