Australiese wetenskaplike sterf in Switserland

Die Australiese wetenskaplike, David Goodall, wat pas sy geboortedag van 104 jaar gevier het, is met hulp in Switserland oorlede.

Goodall het reeds weke gelede gesê dit is nie meer ’n vreugde om te lewe nie, en sy lewensgehalte is nie goed nie, daarom verkies hy om te sterf.

In Australië is dit egter nie toelaatbaar om met behulp van ’n geneesheer selfdood te pleeg nie, en het hy na Switserland vertrek waar hy dood is met behulp van ’n geneeskundige.

’n Organisasie wat bekendstaan as Exit International, en wat glo aan “Right-to-die” het hom glo bygestaan, maar van Goodall se familie het hom ook vergesel na Switserland.

Hy is deur middel van ’n aar inspuiting ’n middel toegedien en het die lewe verlaat in die teenwoordigheid van verskeie van sy kleinkinders wat die reis na Switserland meegemaak het.

Foto – Goodall groet sy kleinseun