Atlete by Statebond Spele vra asiel

Sowat 250 atlete uit Afrika wat deelgeneem het aan die Statebond Spele in Australië het daarna aansoek gedoen om asiel nadat hulle betrap is van oorskryding van hulle visa regte.

Minstens 50 van die atlete is aan die wegkruip omdat hulle as oortreders deur die Australiese immigrasie owerheid gesoek word.

Die atlete het langer in Australië gebly as wat hulle visa toelaat, en die immigrasie owerheid het nou sy hande vol om die skuldiges op te spoor.

’n Woordvoerder van binnelandse sake het gesê ingevolge bepaalde wetgewing is die atlete nou “wettig” in die land omdat hulle vir een of ander soort visa aansoek gedoen het.

Hy het nie gesê uit watter land elkeen kom nie, maar bloot genoem dat almal uit Afrika afkomstig is.