Armeense premier dank polisiehoof af

Die nuwe eerste minister van Armenië het die hoof van die polisie en die hoof van die veiligheidsmagte, summier afgedank.

Die voormalige leier van die opposisieparty is verlede week in ’n vreemde kiesstelsel deur die parlement verkies tot premier ten spyte daarvan dat sy party in die minderheid is.

Nikol Pashinyan het aan die media gesê hy het die twee afgedank en was een van sy eerste take om reg en geregtigheid te laat seëvier.

Die opdrag is egter aan die land se president, Armen Sarkissian, oorgedra om die twee onmiddellik af te dank.

Armen Sarkissian is verlede week gekies as premier na hy weke lank optogte van protes georganiseer het teen die vorige eerste minister en sy kabinetslede wat die land regeer het, maar beskuldig word van korrupsie en ander misdrywe.

Die eerste minister sê die hoofde se afdanking kom as gevolg van hulle optrede tydens die vreedsame protesoptogte wat hy georganiseer het, en wat die magte probeer omskep het in gewelddadige aksies.

Foto – Premier Armen Sarkissian