Afleiers

Dit is tragies om te sien hoe ons mense so maklik van fokus af gebring kan word deur aandag afleiers.

Die afgelope naweek was seker een van die beste voorbeelde daarvan.

Eers was dit die troue in die Britse koningshuis, en daarna die sportgod fiasko in die ateljee van SuperSport.

Die naweekpers was ongenietbaar as gevolg van die oordrewe publisiteit aan die Britse huwelik. Wat dié koningshuis werklik met ons Boere-Afrikaners te doen het, sal nugter weet. Tog het talle hulleself vasgenael gehou voor die indoktrinasiekassie en Sondagkoerante verslind om al die trounuus te kry. Omtrent alles is daar vertel, behalwe die besonderhede van die huweliksnag…

Die koninklike mannetjie se voorgrootmoeder het hande gevou sit en kyk toe haar volk en regering ons vroue en kinders soos diere in treintrokke geprop het, na helkampe gestuur het, waar derduisende van hulle onmenslik omgekom het, terwyl die manne moes veg in ‘n poging om die inhalige Britte weg te hou van ons land se minerale.

Terwyl daar van ons, nasionaal en internasionaal, verwag word om tot in lengte van dae verskoning te vra vir ‘n regverdigbare stelsel soos apartheid, het niemand nog verskoning gemaak vir die Britse volksmoord teen ons nie. Tien persent van ons destydse bevolking is deur die Britte uitgewis. Dink net hoe anders sou die verloop van die geskiedenis nie gewees het as ons getalle beter was nie?

Nou kry die linkse media dit reg om ons denke so te omvorm, dat ons in ‘n soort aanbiddelike beswyming daardie koningshuis met sy omstrede verlede en hede se optrede volg.

Die prins-mannetjie het sy koningshuis in verdere omstredenheid gedompel, nadat sy pa en ma dit al voor hom gedoen het, en nou besluit om ‘n swart skoonma te kry, en ‘n vrou wat al een keer haar man gelos het.

Sy integrasie-huwelik word nou ‘n soort voorbeeld om na te volg.

Die tweede insident was by SuperSport se ateljee, waar die kleurling Ashwin Willemse, uitgestorm het nadat hy nie gehoor het wat Naas Botha en Nick Mallett te sê gehad het nie.

Willemse het dadelik weer die rassekaart uitgepluk en na homself verwys as ‘n destydse kwotaspeler in die Springbokspan. Dalk is hy reg, en is hy moontlik ook ‘n kwota aanbieder by SuperSport.

SuperSport se ondersoek het “geen rassisme” opgelewer nie. Maar sou Botha of Mellett ‘n soortgelyke uitspraak gemaak het, was hulle summier afgedank. Trouens, regeringslui het dadelik op hulle afdanking aangedring, nog voordat hulle die feite gehad het.

Maar terwyl dit gebeur, het die ANC ‘n grondberaad, waar hulle besluite neem oor elkeen van ons se eiendom, en laat ons nou nie onsself terg nie: hulle is agter alle eiendom aan, en nie net landbougrond nie.

Helaas bedryf ons volstruispolitiek en verlustig ons in ‘n rasgemengde troue en ‘n rassevoorval, terwyl ons bates se onteiening of ontneming onder ons neuse beplan word, maar waaraan weinig of geen aandag gegee word nie, want die media bepaal die agenda vir ons.