3D-drukker red klein seuntjie

’n Klein driejarige seuntjie is nou ’n gesonde knapie nadat ’n span geneeshere gebruik gemaak het van ’n 3D-drukker om ’n operasie uit te voer wat te delikaat was vir gewone chirurgie.

Dexter Clarke is te klein om die delikate nier operasie te ondergaan, maar dokters het met die ontwerp van ’n 3D drukker ’n nuwe tydvak in die wêreld van chirurgie ingelei.

Benewens die sukses wat met ’n 3D behaal is, word die prosedure se koste dramaties verlaag sodat dit vir meer mense bekostigbaar word.

Die nier oorplanting was nie moontlik nie aangesien die vader as donateur, se nier groot is en nie op die gewone wyse oorgeplant sou kon word nie.

Die nuwe 3D hulp het die koste verminder omdat die operasie veel gouer in ’n korter tyd uitgevoer kon word, wat dit veel makliker maak vir pasiënte.

Die drukker wat ontwikkel is, kos 385 000 euro en kan in die toekoms gebruik word vir nuwe pasiënte se prosedures.