Yulia Skripal weier Russiese hulp

Die dogter van die voormalige Russiese spioen, Sergei Skripal, wat vermoedelik deur Rusland aangeval is met chemiese stof om hulle te vermoor, het die hulp aanbod van die Russiese ambassadeur van die hand gewys.

Yulia Skripal het aan die media gesê sy soek nog na ’n normale lewe en sal nie van die Russiese ambassadeur se aanbod om gehelp te word, gebruik maak nie.

Sy sê haar vader is nog baie ernstig siek na die aanval en sy wil sien dat hy ook volkome genees soos wat sy gesond geword het deur goeie versorging in die Londense hospitaal.

Sy en haar vader is albei vergiftig met ’n senuwee verlammingsmiddel wat veroorsaak het dat hulle by die dood omdraai.

Sy het wonderbaarlik vinnig herstel en is ontslaan uit die Salisbury Distrik Hospitaal waar haar vader nog steeds behandel word.

Die 33-jarige dame sê sy het ’n vriendelike aanbod van die Russiese ambassadeur geweier wat aangebied het om haar by te staan op enige moontlike wyse.

Foto – Yulia Skripal