Wêreld Nuusflitse – 12 April

Brittanje

Die Britse koningshuis het nie uitnodigings gestuur aan premier Theresa May, president Donald Trump en Barack Obama vir die huwelik seremonie van prins Harry nie.

 

VSA

Die Amerikaanse regering het die reisverbod na die land opgehef vir reisigers uit Chad nadat die land aan al die vereistes voldoen het wat president Trump geëis het, maar die ander ses lande se verbod bly geldig solank hulle nie aan gestelde vereiste voldoen nie.

 

Brasilië

’n Opstand onder aangehoudenes in ’n tronk in Brasilië het gelei tot ’n gewelddadige opstand wat die dood van 21 mense veroorsaak het. Die land het ’n erge probleem met bendes wat opstande veroorsaak en word dikwels hardhandig onder beheer gehou deur die tronk owerheid.