Welgestelde Duitse sakeman word vermis

Een van die rykste mense in Duitsland, Karl-Erivan Haub, word reeds vir etlike dae vermis in die Switserse Alpe waar hy glo sou gaan ski het.

Haub is sedert 2000 die Hoof Uitvoerende Beampte van die Tengelmann winkel groep in Duitsland en word reeds sedert 7 April vermis.

’n Woordvoerder van die winkelgroep sê hy is as vermis aangegee nadat hy nie teruggekeer het van sy beplande ysskaats geleentheid in die Alpe tussen Switserland en Italië nie.

Die 58-jarige sakeman het deelgeneem aan ’n skaats geleentheid en sy familie het met ’n soektog begin nadat hy nie soos afgespreek, weer opgedaag het by die huis nie.

Die plek waar Haub sou heengaan, is wêreldberoemd en ’n uiters gewilde oord, maar swak lig en moeilike weersomstandighede bemoeilik die soektog,.

Sakemanne en hoë profiel beamptes het met ’n intensiewe soektog begin na een van Duitsland se welvarendste sakemanne.

Foto – Karl-Erivan Haub