VSA sanksies ruk Rusland

Die jongste sanksies wat die Trump administrasie teen Rusland ingestel het, is besig om die Russe met swaar verliese te straf.

Hierdie keer is sanksies toegepas wat die 27 rykste sakemanne van Rusland tref, waarvan sekere nyweraars ’n sterk verbintenis het met die Kremlin en met president Vladimir Poetin.

Binne enkele dae nadat die sanksies ingestel is, het die sakemanne gesamentlik sowat 13 miljard euro verloor, en dit sal na verwagting nog verder uitkring.

Volgens Bloomberg se verslag het Oleg Deripaska dit die swaarste as eienaar van een van Rusland se grootste aluminium bedrywe wat binne twee dae ’n verlies van 1,7 miljard euro gehad het.

Dit is die eerste keer sedert die Krim oorname dat Russiese sakemanne getref word deur effektiewe sanksies, veral diegene wat naby die Russiese president beweeg.

Die Amerikaanse sanksies is ingestel weens Rusland se beweerde oorname van die Krim gebied, en die aanslag met chemiese stof teen die voormalige spioen en sy dogter wat in Londen woon.