Volkswagen kry nuwe Uitvoerende hoof

Europa se grootste motorvervaardiger, Volkswagen, se Toesighoudende Raad het besluit om Herbert Diess aan te stel as die nuwe hoofuitvoerende beampte.

Die Raad het glo oorweging geskenk aan ’n verfrissende bestuur deur ondermeer die uitvoerende hoof, Matthias Müller te vervang.

Volkswagen oorweeg blykbaar ook om vernuwing op ander senior vlakke in te bring en wil na die dieselskandaal eerder fokus op ’n “groen benadering” in die vervaardigingsaanleg terwyl gevorderde tegnologie ingebring word.

Die Toesighoudende Raad se voorsitter, Hans Dieter Pötsch, “praat met verskillende lede op uitvoerende vlak” rondom die moontlike vervanging van seniors in die bedryf.

Volgens koerantberigte in die Duitse Handelsblatt is dit ’n uitgemaakte saak dat Herbert Diess aangestel word as die nuwe grootbaas.

Foto – Herbert Diess