Vakbond waarsku Suid Afrika

Die SA Federasie van Vakbonde (SAFTU) het aangekondig by monde van Zwelinzima Vavi dat hul die land onregeerbaar gaan maak indien die regering nie die huidige nasionale minimum lone skrap en goeie arbeidswetgewing instel nie.

Die federasie, wat sowat 800 000 lede verteenwoordig, het hul woede op Cyril Ramaphosa en Cosatu uitgehaal in die verklaring.

Ontleders sê daar was nie werklik iets vreemd aan die woorde “Voetsek Ramaphosa voetsek” deur Vavi tydens sy toespraak buite die parlement nie.

Die staking sal op 25 April plaasvind.