Uitsprake kan lei tot wêreldoorlog

Asof die lanseer van ballistiese missiele tot vrede in Sirië sal lei, word politieke leiers van die wêreld meegevoer deur hulle lande se tegnologiese vermoë sonder om te dink aan die eindresultaat van hulle uitsprake.

Miskien is die gevaarlikste uitspraak gemaak deur president Vladimir Poetin van Rusland wat die ganse wêreld half uitdagend gewaarsku het dat sy super missiele se spoed tien keer vinniger is as klank, en dat geen land oor die vermoë beskik om hulle af te skiet nie.

Dan is daar die gevaarlike opmerking van president Donald Trump wat Rusland “uitdaag” met “Rusland maak jou gereed” want Amerikaanse missiele gaan Sirië tref.

Die Britse eerste minister, Theresa May, sê die chemiese gif aanval op onskuldige mense in Sirië kan nie so gelaat word nie en is ’n uitdaging wat aandag moet kry.

Kenners sê dit is hierdie uitsprake van wêreldleiers wat uiteindelik die volk in die kruitvat is om die wêreld in ’n totale oorlog van selfvernietiging te lei.

Alhoewel Donald Trump later terug geskarrel het met ’n opmerking dat sy missiele wel vroeër of later gelanseer gaan word, het dit geensins verander dat president Poetin gesê het dat Amerika se missiele afgeskiet sal word en sy lanseringsbasisse sal vernietig word.

Waarnemers sê dit is met waardering dat kennis geneem word van kanselier Angela Merkel wat verkies het om nie deel te neem aan die gevaarlike grootpratery nie, en eerder die stilswye bewaar het.

President Emmanuel Macron het ook ’n flou opmerking gemaak dat optrede teen Siriese president nodig is, maar hom weerhou van erge dreigemente.

Foto – Kanselier Angela Merkel