Twee offisiere in hegtenis

Twee Korrektiewe Dienste offisiere is in hegtenis geneem omdat hulle na bewering 16 gevangenes gehelp het om te ontsnap uit die Sun City tronk in Johannesburg.

Twee van die sestien is doodgeskiet in ‘n opvolgoperasie deur die Valke.

In 2015/16 is 34 beamptes skuldig bevind aan korrupte optrede en in 2016/17 37.