Trump wil aansluit by vryhandel

Slegs ’n jaar nadat president Donald Trump van Amerika sy land onttrek het uit die  Trans Pacific Partnership (TPP) ooreenkoms, blyk dit dat hy bereid is om weer deel te word van die handelsooreenkoms.

Die minister van finansies in Japan, Taro Aso, was opgewonde om Amerika terug te verwelkom in ’n nuwe ooreenkoms, maar gesê die handelsooreenkoms is delikaat en sal met versigtigheid benader word.

Navrae by die Japanse minister is begroet met ’n reaksie dat Japan so ’n stap van Amerika sal verwelkom, maar het bygevoeg dat president Trump dalk net ’n volgende dag iets anders oor TPP kan kwytraak.

President Trump het egter later gesê Amerika sal belangstel indien die ooreenkoms om aan te sluit aansienlik beter is as wat dit voorheen die geval was.

Die vermoede bestaan dat president Trump en die Japanse eerste minister, Shinzo Abe, binnekort in gesprek sal tree oor moontlike hertoelating van Amerika.