Swart atlete vlug by Gemenebes Spele

Die totaal atlete wat “gevlug” het by die Gemenebes Spele staan nou op dertien.

Atlete van Rwanda, Uganda asook van Sierra Leone het hul aangesluit by die agt atlete van Kameroen wat as “vermis” aangemeld is, klaarblyklik met die doel om aansoek te  doen om asiel.

Australië se minister van binnelandse sake, Peter Dutton, het egter gewaarsku dat atlete met geweld uit die land gesit sal word sou hul poog om hul visum datums te oorskry.

Tydens die Olimpiese Spele in 2000 het meer as 100 atlete hul visa datums oorskry.