Sirië word met missiele aangeval

Wat vroeër deur kenners uitgewys is as die begin van ’n Derde Wêreldoorlog, het nou waarheid geword met die aanvalle van Amerika, Frankryk en Brittanje op Siriese teikens nadat die Siriese regering vermoedelik met gifgas verskeie aanvalle uitgevoer het.

Die waarskuwing wat president Donald Trump gerig het tot die Russiese president, het vinnig waar geword toe die drie lande, Amerika, Brittanje en Frankryk missiele afgestuur het op strategiese basisse van die Assad regime.

Die aanvalle is verlede Vrydagnag uitgevoer na ’n aankondiging wat deur president Donald Trump gemaak is, en ondermeer gesê het dat “die misdade van die monster Assad nie daar gelaat kon word nie”.

Die aanval word as vergelding teen president Bashar Al-Assad se onmenslike aanval op rebelle met chemiese gifgas gesien, en is nie deur Rusland beantwoord soos wat president Vladimir Poetin gedreig is nie.

Poetin het gesê as Amerika missiele lanseer wat gemik is op die regime van Sirië, sal die missiele afgeskiet word en die lanseerbasisse van die VSA sal vernietig word.

Die missiele van Amerika, Frankryk en Brittanje het drie teikens gehad in Sirië wat te make het met die gifgas chemikalieë, het generaal Dunford van Amerika gesê.

Die Siriese staatsmedia berig dat die missielaanval verantwoordelik is vir die dood van drie burgerlikes en minstens ses ander beseer.

Die missiele het ’n Siriese wetenskap sentrum in die buurt van Damaskus  as doelwit gehad, en die tweede doel was om ’n wapen opslagpunt in die omgewing van Homs te vernietig waar gifgas gestoor word, en die derde doel was die ander opslagplek en kommando kwartiere in dieselfde omgewing.

Uitsprake van die Britse premier en president Trump lui dat die aanvalle op die drie teikens suksesvol en met presiesheid uitgevoer is.

Rusland het wel vooraf gesê enige missiele wat op Sirië afgevuur word, sal afgeskiet word, maar hulle kon slegs 12 van die 102 missiele uitskakel wat afgevuur is en die drie teikens waar chemiese wapens gestoor was, platgeskiet het.