Silo inploffing loop skeef

In Denemarke het dinge verkeerd gegaan toe ’n ou silo wat in onbruik geraak het, met plofstof ingeplof is, maar dit het anders verloop as wat bedoel is.

Ondersoekers is na etlike dae se nagaan van die besonderhede steeds nie seker wat verkeerd gegaan het toe ’n deel van die plofstof nie hulle deel gedoen het nie en die silo gekantel het.

Die silo se bopunt het die gebou daarnaas getref wat ’n kultuur biblioteek is, en ’n groot gedeelte van die gebou plat gedruk.

Die kontrakteurs wat die inploffing hanteer het, is reeds vir jare betrokke by sulke sake en moes met verbystering sien hoe alles verkeerd gaan.

Niemand is in die voorval beseer nie, maar die biblioteek en kultuursentrum is erg beskadig en sekere items is onvervangbaar beskadig.

Die plofstof deskundiges in die dorp Vordingborg in die suide van Denemarke het glo ses maande beplan aan die inploffing projek, en moet nou probeer vasstel wat werklik verkeerd gegaan het.