Rusland waarsku VSA oor aanvalle

Die Russiese ambassadeur in die Verenigde Stae het Amerika gewaarsku dat die aanvalle op Siriese basisse nie sonder gevolge is nie.

Ambassadeur Anatoly Antonov sê in ’n verklaring dat die optrede van die VSA en sy bondgenote, Brittanje en Frankryk, nie “sonder gevolge sal bly nie”.

Hy sê alle verantwoordelikheid vir die missiel aanvalle op Sirië rus op Amerika, Brittanje en Frankryk, terwyl die VSA die grootste arsenaal chemiese wapens besit, en dus geen morele regverdiging het vir hulle optrede nie.

Hy het ook bygevoeg dat die optrede ’n onaanvaarbare en ontoelaatbare belediging aan die adres van president Vladimir Poetin is.

Foto – Anatoly Antonov