Regsfirma “plunder” pensioenfonds

‘n Pretoriase regsfirma, Maluleke Seriti Makume Matlala, word daarvan beskuldig dat hulle meer as R200 miljoen pensioen geld geplunder het van die munisipale raadslede se fonds.

Daar word beweer dat die firma sedert 2015 buitengewone hoë fooie gehef het vir “dienste” gelewer.

Verder is die fonds se raad mislei om R137 miljoen uit te betaal vir 11 erwe in Klerksdorp 2016, maar die erwe is nog steeds nie in die fonds se naam geregistreer nie.

In Maart 2016 is ‘n verdere R10 miljoen gekanaliseer vir ‘n eiendomstransaksie.

Weer eens ontstaan die vraag hoekom neem dit ‘n aad meer as twee jaar om bedrog te identifiseer?