Regsfirma ontvang R103 miljoen van Gauteng

‘n Regsfirma, Ngcebetsha Madlanga Attorneys, is R103 miljoen betaal vir ‘n regsmening rondom die beëindiging van die Life Esidimeni kontrak, en vir twee hofverskynings waarin die oorplasing van pasiënte na ongeskikte oorde plaasgevind het en waar 144 dood is.

Bykans R500 000 per maand is oor 22 maande betaal, terwyl hulle raad geensins gehelp het om die fiasko by die oord af te weer nie.