Plastiek in gewone maaltye is alledaags

Klein stukkies plastiek in ’n alledaagse maaltyd, is deesdae niks vreemd nie, maar wel uiters nadelig vir die mens se gesondheid omdat dit nie verteer word nie.

’n Gewone hoofmaaltyd bevat gemiddeld 100 stukkies plastiek waarvan die grootste gedeelte nie eers waarneembaar is nie.

Die plastiek kom voor in meel, wat uiteindelik die daaglikse brood is, of kom voor in die groente wat by die winkelier gekoop is.

Dikwels kom die stukkies plastiek voor wat verkry word uit plastieksakke waarin die kos vanaf die winkel na die huis vervoer word.

Baie plastiek stukkies wat nie maklik sigbaar is nie, kom van speelgoed, verpakkings en plastiek toerusting wat tuis gebruik word.

Wetenskaplikes verbonde aan die Heriot-Watt Universiteit in Edinburg is nou besig met navorsing om te bepaal hoeveel plastiek werklik in voeding neerkom en wat die invloed daarvan op die mens se gesondheid is.

Die eerste resultate toon dat ’n persoon gemiddeld 13 000 tot 68 000 deeltjies plastiek per jaar inneem en resultate toon dat daar in een maaltyd wat 20 minute duur, tot 14 deeltjies plastiek was, maar daar is gevalle gevind waar tot 114 deeltjies in een dag ingeneem is.

Navorsers sê die mensdom moet ten volle en eendragtig ’n oorlog teen die gebruik van plastiek begin om sy eie voortbestaan en die van die natuur te verseker.