Olievreters

Hulle was nog altyd daar maar is eers tien jaar gelede deur Duitse wetenskaplikes ontdek en hulle besondere liefde vir ru-oliekomponente as voedsel meer onlangs.

Daar is gevind dat Alcanivorax borkumensis (hierna A.b genoem) begin versamel op plekke waar daar oliebesoedeling op see voorkom. Die stafievormige bakteria se voorkeurvoedsel is oliekomponente wat by oliebesoedelde plekke op see voorkom. Die bakteria kom oral op see voor en het ʼn besondere liefde vir waterkoolstof wat ʼn wesenlike bestanddeel van ru-olie is.

ʼn Navorsingspan onder professor Satinder Kaur Brar by die universiteit van Quebec is tans besig met toetse op die ensieme wat deur A.b vrygestel word vir die effektiewe afbreking van oliebesoedelingstowwe. Daar is verskeie bakteria bekend wat aan ru-oliekomponente “eet” maar A.b is die een wat die grootste eetlus vir olie het.