Nog ‘n kontantwa roof – nog sterftes.

‘n Sekuriteitswag is gedood en twee beseer in ‘n ‘n kontantwa roof in Klerksdorp.

‘n Trok van G4S is voorgelê nadat hulle geld by Standard Bank opgetel het. Nadat die wagte die wa geopen het vir die rowers  is hul tromp-op geskiet.  Een wag is dood terwyl die tweede wag en ‘n omstander gewond is.