Multikulturele samelewings

Katie Hopkins van die VSA het onlangs SA besoek om veral plaasmoorde te ondersoek.  In ‘n onderhoud die naweek saam met  Stefan Molyneux  het hulle die tendens van multikulturele samelewings bespreek.

Hopkins het sovêr gegaan om te sê dat multikulturisme beteken die dood van “haar” mense.  Dit wat sy sê is nie vreemd nie, reeds in 1985 het die RGN ‘n  navorsingsverslag die lig laat sien waarin verskeie aspekte van onder andere differensiasie ondersoek is. Geen samelewing kan of sal ooit gelyk of eenders kan wees nie,  tensy die betrokke land se mense sou opgaan in ‘n verbasteringsproses wat dan oor drie of meer geslagte ‘n “nuwe” volk die lig sal laat sien.

Aparte ontwikkeling is/was  ‘n  deel van die  differensiasie proses waarin mense met verskillende religieuse-  asook kulturele agtergronde die geleentheid gegun is om op hul eie te kan ontwikkel,  teen hul eie tempo en volgens hul eie vermoëns. Met die daarstelling van ‘n multikulturele samelewing is die gevolg dat die minderheid deur die meerderheid “meegesleur” word en dat die meerderheid se waardes en norme as die aanvaarbare beskou word.

Die verskeidenheid volke is ‘n Godgegewe werklikheid, maar die mens poog om hierdie verskille af te breek sodat almal, soos almal moet dink en glo. Dit is onder andere  bewys dat sodra ‘n skool meer as 30% andersdenkendes akkommodeer die skool sy etos, waardes en norme  prysgee ter wille van samehorigheid en “vrede”.  Die sg. Reënboognasie van Tutu/Mandela/de Klerk is tekenend van die mislukking van ‘n multikulturele samelewing.

Alhoewel statistiek wil aantoon dat die meerderheid mense in SA Christene is, word dit nie weerspieël in die samelewing nie. Terwyl toordokters ingeroep word om instansies te seën en die vrees vir ‘n tokkelos nog lewend is onder sekere groepe en terwyl voorvadergeeste aanbid word kan ‘n mens (sien Afrikaner of Boer) nie in vrede saamleef in die land nie.  Qua Vadis. Waarheen Afrikaner?

Andries Lategan