Mediese dokters kry geen oortyd

Die Gauteng Departement van Gesondheid het nie geld om mediese dokters oortyd te betaal nie.  Sekere staatsdokters is nie ten volle betaal vir Maart nie weens ‘n “administratiewe” fout.

Intussen is nuwe aanstellings van medici gevries wat beteken dat baie staatshospitale nie na wense hul gesondheidspligte kan nakom nie.

Intussen dreig die staat steeds om sy nasionale gesondheidsplan, wat in wese ‘n nasionalisering van private mediese dienste insluit, in werking te stel, en die vraag word nou reeds gevra of enige parlementslid of minister na staatshospitale sal gaan vir behandeling.