KPMG verder in die moeilikheid

Twee ouditeure van KPMG wat verantwoordelik was vir die oudit van VBS Mutual Bank het nie hulle persoonlike finansiële belange in die bank verklaar nie.

Sipho Malaba en Dumi Tshuma het Vrydag beide bedank net voordat daar klagtes teen hulle gelê kon word.  Beide het lenings by die bank gehad sonder om dit te verklaar.

VBS Mutual Bank is in Maart 2018 onder kuratorskap geplaas nadat die Reserwebank bevind het dat soveel as R900 miljoen “vermis” word in die bank.

KPMG doen ook die oudit van Nedbank, Standard Bank, Absa en Investec.