Intelligensie haaks met SSA

Setlhomamaru Dintwe, inspekteur-generaal van intelligensie, het ‘n dringende hofbevel aangevra teen die Staat Sekuriteit Agentskap (SSA) se hoof Arthur Fraser.

Volgens Dintwe is Fraser besig om met sy uitvoering van sy werk in te meng.

Fraser word tans deur Intelligensie ondersoek en hy het  sover gegaan om Dintwe se sekerheidsklaring terug te laat trek.

Fraser is ‘n Zuma aangestelde wat betrokke was by Gordhan se afdanking en optredes teen opponente van Zuma.

Foto: Setlhomamaru Dintwe