Hongaarse nasionalisme verpletter opposisie

Die Hongaarse opposisieleier is nie die enigste een wat besluit het om te bedank na die verpletterende nederlaag wat hy gelei het met die afgelope algemene verkiesing nie.

Die opposisieparty se koerant en amptelike mondstuk, die Magyar Nemzet (Hongaarse Nasie) het ook besluit om sy deure te sluit wens die min ondersteuners.

Die koerant, wat sedert 1938 bestaan, moes volgens die uitgewers sy deure sluit as gevolg van ’n gebrek aan inkomste, maar kenners meen daar was ’n baie klein oplaag wat adverteerders ontmoedig het om die koerant staande te hou.

Die Hongaarse premier, Viktor Orban, het ’n tweederde meerderheid behaal in die parlement, en ’n ander nasionalistiese party het 20% van die stemme getrek, wat die opposisieparty gelaat het met ’n skrale 12% van die kiesers se steun.

Die linkse media in Europa sanik deurlopend en maak allerlei vals bewerings oor die nasionaliste se oorwinning, maar gelukwens en sterker bondgenootskappe het intussen vanoor die wêreld na die premier ingestroom.

Foto – Premier Viktor Orban