Geen opgawe lei tot kriminele rekord

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), word skynbaar sleg geraak deur ‘n stille protes van belastingbetalers wat nie meer opgawes indien nie en dus waarskynlik ook geen of minder belasting oorbetaal.

Veral in die Zuma-era het mense en besighede hulle geld stilweg begin terughou, sodat dit nie gekaap word nie.

Nou wil die SAID mense wat nie opgawes indien nie, tot misdadigers laat verklaar met ‘n kriminele rekord en al. Daarvoor het hulle die vervolgingsgesag nodig, wat skynbaar daarmee wil saamwerk.

‘n Maatskappyverteenwoordiger is reeds in Port Shepstone in KwaZulu-Natal skuldig bevind.