Eers OR Tambo nou W Mandela

Die obsessie om “struggle” kamerade te vereer sal seker nooit ophou nie.  Met Winnie Mandela se begrafnis het Julius Malema die regering uitgedaag om Kaapstad Lughawe te hernoem na die buiteband heldin van die ANC. Skynbaar gee die regering nogal gehoor aan Malema se oproep.

Geen rekening word gehou rondom die koste daaraan verbonde om toegangs- en padtekens te verander asook die amptelike naam wat verander moet word nie.