Demokratiese menseregte

Dit is die beginsel waarop die grondwet staan – so word gesê.  Wat beteken dit in praktyk?  Dis was verblydend om te verneem dat weereens uit Christelike geledere beswaar gemaak is oor die Halaalteken wat op produkte, wat te koop is, verskyn.

Die kern van die beswaar is dat produkte wat so gemerk is die teken van ‘n afgodsoffer dra.  Volgens berekening is ongeveer 90% van alle voedselprodukte wat te koop is, so gemerk.

Nou dien die saak voor die Menseregtekommissie.  Volgens ‘n woordvoerder kan die saak per sinvolle gesprekvoering opgelos word.  Volgens watter maatstaf?

Volgens amptelike statistiek bestaan die totale bevolking al vir jare uit meer as 70% Christene.  Dan is dit tog ondenkbaar dat produkte die godsdiensteken van ‘n klein minderheid Moslems bevat.  Want dit raak die demokratiese menseregte.  Die 70% Christene is tog ‘n beslissende meerderheid.  Gevolglik behoort dit, volgens demokratiese maatstaf, deurslaggewend te wees.

Dit is tog die sinvolle weg?

Kennelik is of die amptelike statistiek ‘n leuen of demokrasie word willekeurig toegepas.  Dan word die kwessie van sg. godsdiensgelykheid volgens menseregte die debatspunt van “sinvolle” gespreksvoering.  So is soortgelyke klagtes al vir jare hanteer.

Dit bewys maar net die ou waarheid:  As jy van die beginsel van die Woord van God afstap, beland jy in ‘n moeras.  En dit is waar ons ons met ‘n menseregte grondwet bevind.

Die berig oor die godsdiensklagte oorvleuel met die opgewondheid oor die verhoogde B.T.W. na 15%.  In beide gevalle gaan dit oor die koop van produkte.  Die oorvleueling is sprekend:  B.T.W. – belasting op toegevoegde wanorde.

Hendrik v.d. Wateren