De Lille, DA en die EFF

Patricia De Lille, DA burgemeester van Kaapstad, se verhouding met die DA het ‘n verdere laagtepunt bereik nadat sy by die EFF se gedenkdiens vir Winnie Mandela in Brandfort opgetree het as gasspreker. Al wat haar segsman sê is dat sy in haar privaat hoedanigheid opgetree het.

Die EFF se program noem De Lille “special colleague mayor” aangesien sy baie nou saamgewerk het met Winnie.

Nadat daar aanvanklik bespiegel is dat De lille dalk by die ANC kan aansluit, wil dit voorkom of sy meer sal inpas by die EFF en waarnemers sal nie verbaas wees as sy, as oud ekstremistiese PAC-lid, haar by die ewe ektremistiese EFF kan aansluit.

Die DA topbestuur het intussen gesê dat De Lille sal moet verduidelik hoekom sy die byeenkoms gaan bywoon sonder hul medewete.