DA verwerp wit uitwissing

As daar nog enige argument was dat blankes vir die DA moet stem, is dit finaal die nek ingeslaan deur hulle standpunt oor volksmoord en plaasmoorde.

Die DA Abroad, ‘n groep wat buite die landsgrense woon sê dat berigte van plaasmoorde en wit uitwissing blatant inkorrek en eenvoudig onwaar is. Hulle beskou die berigte as pogings om die land te verdeel op die basis van ras en die proses van versoening te ontspoor.