Belarus neig weg van Rusland

Die voormalige Russiese satellietstaat Belarus, se regering is besig om weg te beweeg van sy tradisionele verbintenisse met Rusland en kan moontlik later na die Europese Unie oorskakel.

Alhoewel die land nog ’n stewige dosis kommunistiese gebruike in sy politieke bestel dra, is daar ’n verandering merkbaar, maar dit gaan nog ’n tyd neem voor die land werklik ’n demokratiese bestel toepas.

Die handel en diplomatieke verbintenis met Rusland is besig om geleidelik te verswak, maar is nog sterk genoeg om Rusland te troos dat alles wel is.

Die land is egter vasgeknoop aan Rusland weens sy afhanklikheid van die gas voorsiening en kan nie sy bande met die land summier verbreek sonder negatiewe gevolge nie.

Meningsvormers in Belarus sê die land is besig om weg te beweeg van Rusland omdat die mense lank genoeg swaar gekry het onder die heerskappy van Rusland.

Die landstreek het ’n ryke geskiedenis wat kom sedert 1236, en moes verskeie kere onder ander lande se heerskappy staan, maar die inwoners het oor eeue hulle kultuurgoedere bewaar en in stand gehou.

Sowat 90% van die 10 miljoen bevolking is Belarus, terwyl 7% Russies is en die res uit ander groepe bestaan.

Foto – Belarus parlementsgebou